Eredienste: Sondagoggend 09:00 te Kommetjieweg 1, Vishoek. Lewendige preekuitsending begin 09:00
Kliek HIER om die lewendige preekuitsending te kyk.

Uitreik na Fraserburg 1-8 Julie 2017


Gaan na ons NPO webwerf HIER om uit te vind hoe om 'n belastingaftrekbare donasie te maak

Ons Gemeente


Die pastorale brief van die kerkraad van NG Vishoek na aanleiding van die besluit van die Buitengewone vergadering van die Algemene Sinode van die NG Kerk op 10 November 2016 rakende Selfdegeslagverhoudings, kan HIER gelees word.
Buitelug

Kinders

"Maar Jesus het die kindertjies nader geroep en gesê: “Laat die kindertjies na My toe kom en moet hulle nie verhinder nie, want die koninkryk van God is juis vir mense soos hulle." - Lukas 18:16Vind meer uit oor ons:
Kinderkerk
Jubelklub
Kategese
 
Jeug

Jeug

"Niemand mag op jou neersien omdat jy jonk is nie, maar wees jy vir die gelowiges 'n voorbeeld in woord en gedrag, in liefde, geloof en reinheid." - 1 Timotheus 4:12

Vind meer uit oor ons:
A2J
Jeugkampe
Funksies
 
Jong Volwassenes

Jong Volwassenes

"Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting!" - Jeremia 29:11


Vind meer uit oor ons:
Byeenkomste
Jeugmentors
Kampfasiliteerders
 
Gesinne

Gesinne

"Wat my en my familie betref, ons sal die Here dien." - Josua 24:15



Vind meer uit oor ons:
Omgeegroepe
Mannekamp
 
Bejaardes

Bejaardes

"Ook tot in julle ouderdom is Ek die Here, tot in julle grysheid sal Ek julle dra. Ek het julle gemaak en Ek sal julle vashou, julle dra en julle red." - Jesaja 46:6 Vind meer uit oor ons:
Senior Bybelstudie
Uitspanklub
Senior etes
 
Sendelinge

Sendelinge

"Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels." - Mattheus 28:19


Vind meer uit oor ons:
Ons Sendelinge
Geloofsoffer

Ons Leraars

Jan van Heerden

Jan Ds. Jan is getroud met Anemari en het twee kinders, Johan 37 wat in Nederland (Amsterdam) bly en werk en Sonike 34 wat in Ramsgate, Kent, Engeland bly en werk. Hy het gematrikuleer aan die Hoër Handelskool Ermelo in 1970.Lees meer HIER...

Martin Barnard

Martin Ds. Martin is getroud met Estelle en hul het drie dogters. Die oudste, Marizelle, studeer tans aan die Universiteit van Stellenbosch, Elmarie en Marisa is onderskeidelik in Graad 11 en 8. Hy studeer in die teologie en behaal die grade BA (Teol. Cum laude); BD (Teol Cum Laude) asook ‘n Meestersgraad in Gesinsterapie.Lees meer HIER...

Wat Ons Glo

Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van hemel en aarde,En in Jesus Christus, sy eniggebore Seun, ons Here;wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore is uit die maagd Maria;wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is, gesterf het en begrawe is en ter helle neergedaal hetwat op die derde dag weer opgestaan het uit die dode;wat opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van God, die almagtige Vader;van waar Hy sal kom om te oordeel die wat nog lewe, en die wat reeds gesterf het.Ek glo in die Heilige Gees; ek glo aan 'n heilige, algemene Christelike kerk,die gemeenskap van die heiliges, die vergewing van sondes,die opstanding van die vlees en in 'n ewige lewe."- Die Apostoliese Geloofsbelydenis

Hoe vriendelik is jy?

 deur Helena SmithJare gelede toe die Jesus-film van Reghardt van der Berg vrygestel is, was 'n karaktertrek van Jesus wat vir my deurgaans uitgestaan het, sy vriendelikheid.In die Nuwe Testament lees ons telkens van Jesus se vriendelikheid. Jesus het sy eerste wonderwerk gedoen om 'n bruidspaar verleentheid te spaar. Hy was by 'n troue met te min wyn. Was dit nie vriendelik van hom om water in wyn te verander nie?Hy was vriendelik genoeg om by 'n skarminkel soos Saggeüs te gaan eet. Hy was vriendelik met armes, siekes en sondaars.Lees meer HIER...

Wat sê die mense van jou?

 deur Milanie VoslooVan Noag kan ‘n mens net mooi dinge sê. Hy was ‘n goeie man. Hy het die regte dinge gedoen en naby aan God geleef. Genesis 6:9Ons almal wonder maar wat ander van ons dink en sê. Party van ons steur ons minder daaraan, maar almal dink tog daaraan. Die feit is dat daar altyd mense sal wees wat van ons hou en goeie dinge oor ons sal sê, maar dat daar ook diegene sal wees wat toe nou nié‘n goeie woord oor ons het nie.Ons as kinders van God het ‘n groot verantwoordelikheid. Ons wys immers vir die wêreld hoe die God lyk wat in ons is.Lees meer HIER...

Vertrou Op God - Psalm 111

deur Dennis LootsDie Christen-lewe behels seëninge en stryd, en ons kan beide te wagte wees. Ek vertrou dat daar altyd meer seëninge as geestelik stryd sal wees, maar iemand wat glo dat daar nie ’n stryd woed nie, op persoonlike, nasionale of internasionale vlak, misgis hom lelik.‘n Baie eerlike worstelstrydEen van my gunstelingskrywers is A.W. Tozer, wat ‘n wonderlike boek, The Knowledge of The Holy, geskryf het. In hierdie boek maak hy ‘n studie van die eienskappe van God. Hy begin die boek deur te sê dat “wat ons glo die waarheid is oor God, sê wie ons is”.Lees meer HIER...