Engele, Satan en demone (deel 25 – finaal)

XII.     DIE STRAF VAN DIE DEMONE

Die straf van die demone kom in twee fases: die Millennium en die Ewige Bestel/Ewigheid.

 

A.        Die Millennium

Die eerste fase van straf vir demone begin gedurende die Millennium. Gedurende hierdie tyd sal hulle in ʼn plek van aanhouding wees. Dit is die punt van Jesaja 24:21-22 wat sê: (Isa 24:21  En in dié dag sal die HERE besoeking doen oor die leërskare van die hoogte in die hoogte en oor die konings van die aarde op die aarde; Isa 24:22  en hulle sal opgesluit word soos gevangenes opgesluit word in ‘n kuil en bewaar word in ‘n kerker; maar ná baie dae sal daar op hulle ag gegee word.) Alle demone gaan gedurende die Millennium gevange gehou word en as sulkus sal daar dus geen demoniese aktiwiteit wees gedurende die Messiaanse Koningryk nie. Baie mense neem aan dat hulle saam met Satan in die Afgrond gevange gehou gaan word, maar dit is nie wat die Bybel vir ons leer nie. Satan self sal in die Afgrond aangehou word gedurende die Messiaanse Koningryk. Die demone aan die ander kant, gaan nie saam met hom gevange gehou word nie, maar gaan verdeel word in twee groepe en aangehou word op twee verskillende plekke.

 

Die eerste groep demone gaan aangehou word in die land van Edom wat vandag die suidelike deel van Jordanië is. (Isa 34:13  En sy paleise word begroei met dorings, brandnekels en distels sal in sy vestings wees. En dit sal ‘n lêplek van jakkalse, ‘n verblyf vir die volstruise wees. Isa 34:14  En boskatte kom wildehonde teë, en veldduiwels ontmoet mekaar; ook woon die naggees daar in vrede en vind ‘n rusplek vir hom. Isa 34:15  Daar maak die pylslang sy nes en lê eiers en broei dit uit en koester haar kleintjies daar in die skaduwee; ook sal die kuikendiewe daar bymekaarkom, die een by die ander.) Vroeër in die Skrifgedeelte word dit die land van brandende pik en swael genoem en ons weet dat letterlike diere nie in sulke omstandighede kan leef nie. Ons weet ook van vroeer in die studie dat demone dikwels dieragtige eienskappe aanneem of dikwels as diere beskryf word.

 

Die tweede plek van aanhouding vir demone gaan die stad van Babilon in moderne Irak wees. En ja hulle is reeds besig om Babilon te herbou. (Isa 13:19 So sal dan Babel, die sieraad van die koninkryke, die trotse pronkstuk van die Chaldeërs, wees soos toe God Sodom en Gomorra omgekeer het. Isa 13:21  Maar daar sal boskatte lê, en hulle huise sal vol uile wees; en volstruise sal daar hou, en veldduiwels daar rondspring. Isa 13:22  En wildehonde sal huil in sy kastele en jakkalse in die vreugdepaleise; en naby is sy tyd om te kom, en sy dae sal nie verskuif word nie. Rev 18:2  En hy het met ‘n groot stem kragtig uitgeroep en gesê: Geval, geval het die groot Babilon, en dit het geword ‘n woonplek van duiwels en ‘n versamelplek van allerhande onreine geeste en ‘n versamelplek van allerhande onreine en haatlike voëls,)

 

Alle demone gaan in aanhouding wees gedurende die Millennium periode of in Edom (Suidelike Jordanië) of in Babilon in Irak. As gevolg van hierdie rede, gaan hierdie twee areas van die wêreld plekke van verlatenheid wees gedurende die hele Koningryk periode en sal lande wees van brandende pik en swael wat vir die hele 1000 jaar periode gaan brand. So terwyl die hele wêreld mooi gemaak gaan word en gaan blom soos ʼn roos, gaan hierdie twee areas verwoes en verlate wees. Geen mense gaan daar woon nie, slegs die demone wat daar gevange gehou gaan word. Daar gaan geen demoniese aktiwiteite van enige vorm wees nie, geen teistering, geen beïnvloeding vir die hele Koningryk periode nie. Watse sonde ook al gedurende hierdie periode gevind word sal wees as gevolg van die menslike natuur en nie as gevolg van demoniese aktiwiteite nie.

 

B.        Die Ewige Bestel/Ewigheid

Die tweede fase van die straf van demone is gedurende die ewigheid. Dit sal ook in twee fases kom.

 

Eerstens gaan elke demoon deur gelowiges geoordeel word by die Groot Wit Troon Oordeel. In Korintiërs se Paulus dat gelowiges eendag engele sal oordeel. Hy het nie bedoel goeie engele nie, want goeie engele sondig nie en het nie nodig om geoordeel word nie, maar gevalle engele. (1Co 6:3  Weet julle nie dat ons engele sal oordeel nie, hoeveel te meer die alledaagse dinge?) So die engele wat geoordeel gaan word, is gevalle engele of demone. By die Groot Wit Troon Oordeel sal alle demone geoordeel word om hulle individuele graad van straf te bepaal, want daar is grade van boosheid onder demone. Nie almal van hulle het dieselfde graad van boosheid nie, so daar sal grade van straf wees vir demone en daardie graad van straf gaan deur gelowiges bepaal word.

 

Na die Groot Wit Troon Oordeel kom die tweede fase, dit is, hulle gaan in die poel van vuur gewerp word waar hulle die ewigheid gaan spandeer. (Mat 8:29  En meteens skreeu hulle en sê: Wat het ons met U te doen, Jesus, Seun van God? Het U hier gekom om ons voor die tyd te pynig? Mat 25:41  Dan sal Hy ook vir dié aan sy linkerhand sê: Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele. Mat 25:46  En hulle sal weggaan in die ewige straf, maar die regverdiges in die ewige lewe.) Dit is die finale straf vir die demone.

 

 

NGVishoek: Ds. ( dominee ) Martin Barnard.