Getuienisse

 

Die kinders het my dadelik help soek, maar ons kon niks kry nie. Die vreemdste was dat ek glad nie paniekerig geraak het nie. ’n Absolute vrede van die Heilige Gees het in my hart geheers terwyl ek God gevra het om my deur sy Gees te lei om die sleutel te kry. Ek het skaars klaar gebid toe ek skielik die sleutel ontdek. ’n Gevoel van dankbaarheid het my oorweldig terwyl ek besef het dat God werklik van alles in die skepping weet. Al die eer gaan aan Hom.”

Leser 2, Anele: “Ek is effens doof in my een oor en slaap gewoonlik verskriklik vas.Verlede Maandagoggend het ek egter 03:00 wakker geskrik van ’n hond wat baie benoud buite ons kamervenster huil.

Ek en my man het deur die venster gekyk. Na ’n rukkie het ons ’n swart dingetjie op die grond gesien beweeg. Dit was ’n miniatuur worshondjie. ’n Entjie van hom af het die grootse uil wat ek nog in my lewe gesien het gestaan – reg om hom aan te val. Ons het onmiddellik by die deur uitgehardloop en die uil weggejaag. Dié het opgevlieg en ’n entjie daarvandaan op die grond gaan sit – onwillig om sy prooi wat hy oomblikke vantevore op ons gras afgelewer het, te laat staan! Ek het die hondjie in my arms geneem en in die huis ingeneem – oortuig dat God my wakker gemaak het om die diertjie se lewe te red.

Al was ek voorheen nie geheg aan diere omdat ek nie tyd gehad het om na hulle om te sien nie, is ek en die Worsie totaal en al onafskeidbaar. Dit voel vir my asof God die hondjie vir my gestuur het om hom op te pas.

Hierdie storie het my weer hoop gegee. As God so oor die diere op aarde voel – hoeveel te meer wil Hy nie ook vir ons as sy kinders sorg nie!”

In Job 28:24 lees ons: “Want Hý sien tot by die eindes van die aarde; alles wat onder die hemel is, aanskou Hy” (1953-hersiening). En in Psalm 50:10-11 lees ons dat God van elke dier op aarde weet: “… al die wilde diere van die bos is myne, die vee op berge by duisende. Ek ken al die voëls van die berge, en wat roer op die veld, is van My.”

God wil betrokke wees by die detail in jou lewe – gaan jy Hom nooi om jou te help en te lei? Sterkte.

Vader God, baie dankie vir U oneindige liefde en omgee vir ons elkeen. Lei my asseblief daagliks deur u Heilige Gees in elke situasie waarin ek my ook al bevind. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.

 

Bron:  versnfag.co.za 

NGVishoek: Ds. ( dominee ) Martin Barnard.