Jy oorwin in swaarkry

Want oorwinning oor die dinge wat jou platslaan, ís moontlik. “Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het.” (Rom 8:37) Jy sien, die Gees in jou word die waarborg dat sy krag 24/7 in elke omstandigheid tot jou beskikking is. Hy is die Lig in jou wat in jou donkerste tye steeds helder brand, wat die oorwinning reeds vir jou behaal het en wat medelye met jou kan hê. Jou verantwoordelikheid? Staan geplant in jou geloof in Hom en skyn skyn die Lig van sy Woord om elke aanslag van dir vyand op jou gees en gesonde verstand te weerstaan.

Marcelle Auclair het gesê: “As jy in ‘n donker vertrek moet sit, gee jy tog nie die duisternis van die nag die skuld nie. Nee, jy sorg dat daar ‘n lamp is. Steek oral in die donker hoeke van jou lewe ‘n lamp op.”

Jesus is die Lig in jou wat deur jou skyn om die duisternis te verdryf sodat bekommernis en vrees vir onseker vandags en môres nie jou visie op oorwinning in Hom verdonker nie.

Gebed: Dankie dat U my lig en hulp in swaar tye is en dankie dat U nie ver is nie, U is in my!

Amen

Bron:  versndag.co.za

NGVishoek: Ds. ( dominee ) Martin Barnard.