Kinderkerk

In  Markus 10:14-16 lees ons hoe Jesus nie bloot net ‘n uitnodiging gemaak het nie – nee, hy het sy dissipels beveel dat die kindertjies nie verhinder moet word om na Hom toe te gaan nie.

IMG-20160522-WA0014

God het dus vir ons ‘n duidelike opdrag gegee: bring hulle, Ek wil hulle seën en hulle onderrig in die plan wat Ek met hulle lewentjies het.

Tydens die diens word die Evangelie gelyktydig met die bediening aan volwassenes, ook aan die kinders bedien, d.m.v.  Kinderkerk (3-6 jaar) en Juniorkategese (graad 1 – 6).

Kinders/jongmense moet deel wees van die bediening van die gemeente.  Hulle moet saam met volwassenes kan aanbid en dien.