Senior etes

 

Ons Seniors is vir ons uiters belangrik. In baie gevalle word ons Senior Burgers uitgerangeer uit ons samelewing asof hulle nie meer nodig en belangrik is nie. Daar word maklik vergeet dat hulle ‘n onskatbare bron van kennis en ervaring/wysheid het wat nie verlore mag gaan nie.

IMG_4653

Ons het ‘n spesiale Senior Sondag in Oktober maand van elke jaar. Die Ds. dra dan sy toga by die erediens en probeer so veel moontlik maak van die Formele Liturgie soos van ouds. Na die erediens word daar vir al ons lidmate bo 65 ‘n heerlike uitgebreide – 3 gang ete – deur die jongeres bedien.

 

Dit is gratis  en hulle kan net agteroor sit en dit terdeë geniet.