Uitspanklub

Ons het reeds ons 24ste herdenking gevier. Dit is ‘n bediening wat onder die bekwame hande van Me. Bettie de Jongh begin is en gaan steeds van krag tot krag. Daar word elke jaar aan die begin ‘n volledig uitgewerkte program aan ons Seniors gegee waarop hulle kan sien watter aktiwiteite op hulle wag.

IMG_3489

Dit wissel van ‘n Afskop-Vrugtefees in Januarie met ‘n Bring en Braai elke eerste Woensdag van die maand by die Gordon’s Kamp terrein te Welcome Glen. Ons besoek elke derde Woensdag van die maand interessante plekke soos die Rugby Museum, die Chris Barnard Museum te Groote Schuur en speel ook gereeld Putt-Putt in Muizenberg waarna ons dan vir ‘n heerlike Vis en Skyfies na Kalkies in Kalkbaai hawe gaan.

IMG_2252

Die ander Woensdae speel ons speletjies soos Bingo, Rummy-Cup ens in die saal. Ons begin altyd om 10:00 met ‘n koppie koffie en ‘n broodjie. Kom kuier saam met ons.