Besprekings vir in-persoons eredienste

Vriende, dit is met blydskap dat ons u kan meedeel dat ons van nou af nie meer hoef plek te bespreek vir die weeklikse eredienste nie. Ons sal die situasie in terme van Covid dophou en sodra ons weer van vlakke van inperking verskuif en ons daartoe genoop word om weer te bespreek ten opsigte van ons eredienste, dan sal ons dit dadelik aan u deurgee. Se├źn van die Here vir u.