Dankbaarheid as deel van Lofprysing

Maar Eff 5:20 sê: 
NV – Dank God die Vader altyd oor alles in die Naam van ons Here Jesus Christus.

KJV – Giving thanks always for all things unto God and the Father in the name of our Lord Jesus Christ

Merlin Carothers skryf in sy boek dat die Here ‘n pad met hom gestap het en hom geleer het hoe om Goddelike vreugde te hê. Een van die dinge wat Hy moes doen was om God vir alles dankie te sê. Ook vir die slegte, al maak dit geen sin nie.Hy skryf: “Looking only at the good side of every situation is often a dangerous way of trying to escape the reality of it. When we praise God we thank Him for our situation, not in spite of it. We are not trying to avoid our dilemmas. Rather Jesus Christ is showing us a way to overcome them.”

Fil 4:6 het my ook baie laat wonder. Hoe moet ‘n mens jou begeertes / behoeftes met danksegging aan God bekend maak?

NV – Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend.

KJV – Be careful for nothing; but in every thing by prayer and supplication with thanksgiving let your requests be made known unto God.

Ek dink die antwoord lê in die gesindheid waarmee jy lof en dank bring. As ons dankie sê vir alles, ook die slegte dinge, as deel van ‘n resep om God se guns te verkry is dit ‘n vorm van manupilasie. Maar as ons met ‘n opregte hart God dank dat Hy in beheer is, dat Hy die beste vir my weet en alles te goede sal laat meewerk; bring dit ‘n verandering in my gesindheid. God kan dan aan ons omstandighede begin werk want Hy hoef nie meer aan ons gesindheid te werk nie.

Spr 15:8 Hy aanvaar die gebede van opregtes.

Carothers skryf  “The very act of praise releases the power of God into a set of circumstances and enables God to change them if this is His design. Very often it is our attitudes that hinder the solution of a problem. God is sovereign and could certainly cut across our wrong thought patterns and attitudes. But His perfect plan is to bring each of us into fellowship and communion with Him, and so He allows circumstances and incidents witch will bring our wrong attitudes to our attention.

Ek het onlangs een nag wakker geword van ‘n baie harde donderslag en het dadelik besef dit het die krag uitgeslaan. Die Heilige Gees het die vraag in my gemoed laat ontstaan. “Wat is die enkele woord wat my eie menslike krag dadelik kan uitslaan, soos die weerlig die elektrisiteit uitslaan” Ek het in ‘n toestand tussen slaap en wakker die hele nag verder met die vraag geworstel. Iewers in die vroeë oggend ure het die woord “Dankie” vir my begin uitstaan. Ek het besef, die woord dankie vat alle aandag van die spreker daarvan af en rig dit op ‘n ander persoon of op God. Die gesindheid waarmee jy dankie sê, of dit nou vir God of vir mense is, moet natuurlik opreg en sonder bybedoeling wees. Anders is dit ‘n vorm van manipulasie.

Judas:16 NLV – Hulle vlei ander ter wille van eie voordeel

Onlangs droom ek, ek ry langs die see en daar kom ‘n tsunamie wat oor my motor spoel maar in plaas van om my weg te spoel, vorm die reuse golf ‘n tonnel om my. Net soos die waarin die branderplankryers ry. Ek het ‘n gevoel van ekstase in die groot vloedgolf gehad en sover as wat ek gery het, het die golf voor my oop gegaan. Die droom was so vreeslik werklik en het by my gebly, later die dag het die Heilige Gees die betekenis daarvan vir my geopenbaar. As ons omstandighede vir ons soos ‘n tsunamie voel, maak lof en dank aan God ‘n tonnel, sodat ons vreugde in ons omstandighede kan beleef en ons sal nie weggespoel word nie.

My gebed is dat die Heilige Gees jou sal leer en lei om ‘n lewe van dankbaarheid te lei en dat jy ‘n vaardige branderplankryer sal word wat self die grootste vloedgolf sal kan oorleef. Ek wil ook die boek, Prison to Praise van Merlin Carothers regtig aanbeveel. Dit is ‘n klein boekie wat vinnig lees en soveel mense se lewe al verander het. Dis ook in afrikaans beskikbaar as “Leer Hom loof”

Mag jy sy vrede en vreugde in elke situasie ondervind.

Bron: lewenssaad.co.za
lewenssaad@gmail.com

NGVishoek: Ds. ( dominee ) Martin Barnard.

Wat maak jou gelukkig? deur Henk Gous [resensie]

Wat belangrik is, is dat jy besef: met jou redenasie oor watter voorwaardes moet geld voor jy geluk gaan vind, ontsê jy jouself die geleentheid om vandag geluk te beleef.

Jou geluk hang nie af van iets buite jou nie. As jy gelukkig getroud is, of in ’n vervullende verhouding met jou ouers of kinders staan, of bevoorreg is dat jy jouself in jou werk of stokperdjie kan uitleef (of so gelukkig is dat jou stokperdjie jou werk is!), skep dit omstandighede waarbinne jy makliker gelukkig kan wees. Maar jy gaan nie noodwendig, of outomaties gelukkig wees nie. Want geluk lê BINNE jou, dit is jou eie keuse en besluit.

Daarom skryf Henk oor ’n gebalanseerde perspektief op lewensvreugde en geluk. Wanneer jy genoeg geld het, of getroud is, of kinders het, of gesond is, kan jy makliker kies om gelukkig te wees. Maar wanneer jy chronies siek is, of ’n enkelouer is, of diskriminasie by jou werk beleef, kan jy steeds kies om gelukkig te wees.

Depressie, angs, dwase besluite, bekommernis en woede steel jou lewensvreugde maar jy kan daarteen veg — deur te onthou dat sekere skadelike optredes en emosies nie kwaadwillig is nie, dat jy soms ’n diagnose deur ’n professionele persoon benodig voor jy jou siektetoestand (depressie of angs) effektief kan beveg, dat medikasie vir gemoedsteurings beskikbaar is en werk, deur gereeld matig te oefen, verkeerde denkwyses te beveg en obsessies en kompulsies te bestry.

’n Boek wat maklik lees maar groot lewenswaarhede bevat, wat dit ook ’n goeie geskenk maak vir iemand vir wie jy omgee.

Bron:  ekerk.org

NGVishoek: Ds. ( dominee ) Martin Barnard.

Dankbaar

Hierdie dankbaarheid is nie vir die dinge wat ons so dikwels verkeerdelik as vanselfsprekend aanvaar nie, soos byvoorbeeld gesondheid en familie nie, maar stem meer uit ‘n dankbaarheid vir die dinge wat ons so onverdiend of soms selfs ongevraagd ontvang. Toe ds Jan my gevra het om Sondagaand by die Kersspel te lees, het ek rerig myself daaruit probeer wurm (soos ‘n wafferse Moses), maar dis gelukkig vir my moeilik om vir ds Jan nee te sê. Ek was baie op my senuwees en het gebid vir rustigheid en dat ek nie heel onvanpas sal giggel nie (ek doen dit ongelukkig as ek op my senuwees is). Oppad mikrofoon toe fluister ek gou vir ds Jan: “Bid vir my” maar toe ek eers begin lees, het ek besef dat God nie net my gebed verhoor het en my rustig gemaak het nie, Hy het selfs my stem mooi laat klink oor die mikrofoon! Ek voel opreg dankbaar vir die geleentheid wat ek gekry het om my liggie te laat skyn.

Voorts praat ek van ‘n diepe dankbaarheid vir goeie vriende wat ons gemaak het vandat ons 2 jaar gelede in hierdie gemeente aangekom het:

Van die mense wat ons van die begin af welkom laat voel het, want hulle is baie spesiaal.

Van die mense wat nuut is in die gemeente en klaar so goed ingeburger is en wat altyd bereid is om te help.

Ek is dankbaar vir die mense by wie God my gebruik het om hulle te ondersteun en in die proses het ek soveel geleer.

Ek is dankbaar vir mense wat ek aanvanklik so verkeerd opgesom het en wat ek vandag my vriende kan noem, want daardeur het ek weereens soveel geleer.

Ek is dankbaar vir ‘n selgroep wat eintlik meer ‘n omgeegroep is.

Bowenal is ek dankbaar vir vriende wat ek vir altyd gaan behou en by wie ek tuis voel en net myself kan wees.

Al wat ek kan sê is: Dankie Jesus, dankie dankie Jesus!

NGVishoek: Ds. ( dominee ) Martin Barnard.