Die Here se seëninge het ook hande en voete


Toe is die dame daar weg met ’n gratis, peperduur stoof. Asof uit die bloute het die Here se vreemde genade daardie oggend haar lewe met nuwe hoop gevul. “Nou lag ek weer,” sê sy.


Soms is die lewe so hard soos klip. Dan maak niks meer sin nie. Tog vergeet die Here nooit sy aardse eiendom nie. Hy ken ons diepste seer en grootste alleenheid. Dan stuur Hy sy genade in verskillende vorms en verpakkings na ons toe. Dikwels is ander mense die sigbare uitdrukkings hiervan. Wil jy nie ook toelaat dat die Here jou as sy lewende noodhulp gebruik nie. Hy wil graag iemand anders deur jou seën.


Bron:  ekerk.org
NGVishoek: Ds. ( dominee ) Martin Barnard.