Geliefd in God se oë

Dit ís net so! Dit staan vas! Niemand kan dit verander nie! Dit ís die waarheid!

4. Óns IS liefde in sy se oë … Hy spesialiseer by uitnemendheid presies hierin!
3. God gee sy liefde in ons;
2. God gee sy geliefde Gees om ons te beheer;
1. God gee sy geliefde Seun om ons te verlos;

Só gebeur dit:
Die kern van ons bestaan is in Hom, wat in jou is, en God is voldoende en volledig en volmaak volgens wie Hy wil wees, in jou.

Hy kyk nie heeldag teen jou foute en sonde vas nie. Hy is nie heeldag besig om die lewe vir jou moeilik te maak, net omdat jy nie gehoorsaam genoeg is nie. Hy skryf nie nuwe wette om ‘n lewe wat reeds ingewikkeld is, nog strenger te maak nie.
Hy sien jou waar jy nou is, want Hy is in jou … wat ook al?Hy sien jou seer … Hy sien jou kommer … Hy sien jou hart …

… én Jesus is “ok”, wat beteken jý is “ok”. Só …

Elke keer, elke sekonde, as God na jou kyk, sien Hy eerste vir Jesus: Jesus in jou en jy in Hom …

Wie is hierdie Jesus in jou? God self in jou … Liefde in jou … Sagtheid in jou … Goedheid in jou … Blydskap in jou … Geesvervuldheid in jou … Egte lewe in jou …

Hier is die sleutel om 2014 mee te leef, te oorleef en te groei: God sien sy geliefde Seun as Hy na jou kyk. Hy sien Jesus in jou.Kom ons lê ? fondament om 2014 op te bou: Sien raak wie jy in God se oë is. Kyk na jouself deur sy oë: Wat sien Hy as Hy na jou kyk? Wie sien Hy as Hy na jou kyk?

“Jy is my geliefde Seun. Oor Jou verheug Ek My.” (Markus 1:11b)

Geliefd in God se oë

Bron: http://doomcharl.blogspot.com/ NGVishoek: Ds. ( dominee ) Martin Barnard.