God skuif nie omdat ek van adres verskuif het nie

Maar die goeie nuus is dat God nie vlug as sy kinders aan’t weghardloop is nie.

God verskuif nie van adres as ons verskuif nie. Hy is altyd op sy plek. Hy is daar waar Hy nog altyd is. God verander ook nie net omdat ons verander het nie. Hy is wie Hy is. Nooit sal God ophou om genade aan ons te betoon nie. Nooit sal sy genadehand, wat so duidelik sigbaar geword het by die kruis van Christus, toegaan oor sy kinders nie. Daarom kan ek Hom vandag op Sy heilige berg aanroep. Hy sal my nogmaals genadig wees!

Bron:  Ekerk.org

NGVishoek: Ds. ( dominee ) Martin Barnard.