Grootte tel nie in die kerk nie


Dit is nie korrek nie. Lewe is nie gelyk aan getalle nie. Indiwidue wat Jesus as hul Heer ken en navolg is die bewys van die onstuitbare opmars van die koninkryk van God in die wêreld. Indiwidue maak saak vir God. Of het ons dalk Jesus se woorde vergeet dat waar twee of drie in sy Naam vergader is, daar is Hy in hulle midde.

Kerk gebeur waar ’n handjievol volgelinge van Jesus is. Kerk gebeur daar waar mense geloofsgemeenskap of koinonia beleef, al sit hulle onder ’n boom. Miskien moet ons almal ’n slag ons blindekolle lig gee en oplet wat die Here onder die radarskerm doen in klein kerke en geloofsgemeenskappe. Hy is orals aan die werk — ook in die kerk, groot en klein. Kyk net fyn.


Bron:  ekerk.org
NGVishoek: Ds. ( dominee ) Martin Barnard.