Groter is nie altyd GROTER nie.

Jesus sê in Matteus 18 dat as ons nie verander en kinders word nie, dan sal ons nooit die koninkryk van God sien nie. Groei in Sy teenwoordigheid gebeur agterstevoor. Groei maak ons kleiner. Dit maak ons broos en afhanklik van God. Dit maak dat ons in eenvoud vreugde vind. En dat ons nie meer ons groot ego’s in stand hoef te hou wat “gevoer” moet word deur vleitaal, aandag, komplemente en erkenning nie. Wanneer ons naby Jesus loop, groei die Here en mense rondom ons altyd onder ons uit. Dan kyk ons gedurig op na Hom en na mense rondom ons. Met verwondering sien ons heeltyd God se handewerke in hulle lewens raak.

Bron:  ekerk

NGVishoek: Ds. ( dominee ) Martin Barnard.