Hoe kom ek aan die anderkant?


Tog vertel die Johannes-evangelie dat die oorkant reeds deurgebreek het na ons kant toe. Jesus het God se nuwe lewe al die pad hierheen gebring. Hy het die onoorbrugbare pad van die anderkant af eiehandig na ons toe oorgesteek. O ja, Hy alleen is ook die pad terug soontoe.


Ons hoef nie tot by ons dood te wag om die anderkant bereik nie. Daardie soort lewe wat in ewigheid nooit sal ophou nie gebeur vandag reeds. Oor en oor sê Jesus in die Johannes-evangelie dat elkeen wie in Hom glo nou al die ewige lewe het. Jesus Self is die lewe. Geloof in Hom is die sleutel tot nuwe lewe wat tot ’n ewigheid anderkant die dood sal aanhou. Geloof ontsluit die deure na daardie ewige Oorkant wat reeds in Christus hier tussen ons aangebreek het. Hy is God se groot Kersgeskenk aan ons almal.

Bron: ekerk.org

NGVishoek: Ds. ( dominee ) Martin Barnard.