Meer liefde in die koffiewinkel as in die kerkgebou


Tevergeefs probeer my vriend Jan van der Watt aan hom verduidelik dat dit darem nie die gesindheid van Christus weerspieël om mense te verjaag asof die liturgiese ruimte heilig is nie. Hy kon egter net sowel met ’n muur gepraat het. Die kerklike was onverbiddelik.

Terwyl die kerkkoor wat daar in die kerkgebou oefen al te lustig sing oor God se liefde, wonder ons toe onder mekaar waar ons Saterdag meer tuis gevoel het — by die luidrugtige, nie-kerklike dame in die koffiewinkel, of in die plaaslike Duitse kerk waar alles so vroom is as wat kan kom? Opnuut besef ons toe hoe versigtig ons elkeen moet wees om verwelkomend teenoor ander op te tree in Christus se Naam. Ons moet geken word aan ons gasvryheid en openheid, nie aan ons oordadige verknogtheid aan geboue, instellings en dooie tradisies nie.


Bron:  ekerk.org
NGVishoek: Ds. ( dominee ) Martin Barnard.