’n Les van Indiana Jones


Een van die mees verlamende vrae in my lewe was nog altyd, ‘wat moet ek volgende doen?’ of, ‘wat wil God hê moet ek volgende doen?’ wat amper altyd net stilte as ’n antwoord gee. So het hierdie vraag my lam gelê, jaar na jaar.

Totdat ek een maal besef het dat God lankal geantwoord het. God se antwoord is, wat wil jy doen, of wat wil jy hê, soos Jesus die blinde man geantwoord het in Lukas 18? Wat bring vrede, wat bring hoop, wat bring liefde, wat bring versoening, wat bring geluk? Dit is God se antwoord in die vorm van ’n vraag.

Wanneer ek hierdie teëls kies, en op hierdie teëls trap, bokspring ek deur die lewe. Paulus skryf dit so mooi in Fil 4:8, ek hou van die NIV vertaling,

“Finally, brothers and sisters, whatever is true, whatever is noble, whatever is right, whatever is pure, whatever is lovely, whatever is admirable — if anything is excellent or praiseworthy — think about such things. Whatever you have learned or received or heard from me, or seen in me — put it into practice. And the God of peace will be with you.”

God gee ons ’n strategie, nie stap vir stap instruksies nie, so as, nee wanneer jy voor ’n vloer te staan kom met so ’n klomp teels, sommige met lokvalle, en jy wag vir stap vir stap instruksies gaan jy lank wag. Tog as jy kies om op God se naam te trap, te vertrou, God te ken en weet Sy naam, Sy karakter, en Sy wil is vir liefde, vrede, genade, vreugde, en hoop dan trap jy jou pad vinnig oop, whatever dit is wat jy kies.

Bron:  ekerk.org

NGVishoek: Ds. ( dominee ) Martin Barnard.