NG VISHOEK EN KORONAVIRUS

Aangesien daar reeds meer as n 4000 gevalle van die Koronavirus (CoVid-19) in Suid-Afrika aangemeld is, is dit nodig om betyds inligting te kry, versigtigheid aan die dag te lê en verantwoordelik op te tree.Hier is ‘n paar basiese riglyne vir gemeentelede.As geloofsgemeenskap het ons ‘n spesiale roeping om ons mede-gemeentelede te versorg en die gemeenskap te ondersteun in hierdie tyd.  As ons voorbereid is, is ons in ‘n beter posisie om ander te help.  Kom ons maak van die probleem ‘n geleentheid om hoop te bring en werklik ‘n verskil te maak!Goeie higiëne help baie om die verspreiding van die koronavirus te beperk, maar ook om verkoues en griep, te voorkom!

  • Was gereeld jou hande met seep en water vir ten minste 20 sekondes.
  • Nies of hoes in die hoek van jou elmboog of sneesdoekie, nie in jou hand nie. Was onmiddellik jou hande nadat jy gehoes, genies of neus geblaas het.
  • Moenie aan jou gesig, veral jou mond, neus en oë, raak met ongewaste hande nie.
  • Ontsmet gereeld oppervlaktes wat gereeld aangeraak word, insluitend sleutelborde, tafelblad, hysbakknoppies en deurknoppe.
  • Gebruik ʼn handontsmettingsmiddel.
  • Vermy noue kontak met iemand wat siek is.
  • Voel vry om in plaas van mekaar te omhels, of hand te skud, met jou kop te knik of met jou hand op jou hart te buig. Voordat jy iemand omhels, vra eers toestemming uit respek vir mekaar.

Ondersteun asb. die veranderinge in die dankoffer- en nagmaalpraktyke wat bedoel is om die kans om kieme te versprei verminder.  As die infeksie risiko verhoog, probeer om genoeg spasie te hou tussen jouself en ander mense.Indien u onderliggende gesondheidsprobleme het, of bo 60 jaar oud is, oorweeg om eerder nie risiko’s te loop om ‘n infeksie op te doen nie.  Bly dan eerder tuis, en gebruik ander opsies en bronne wat ons aanbied op die webblad en Facebook.Die koronavirus (CoVid-19) is ‘n respiratoriese siekte wat griepagtige simptome veroorsaak, insluitend koors, braking en asemhalingsprobleme.  As jy een van hierdie simptome het, bly asb. tuis.

  • Moenie reis terwyl jy siek is nie. Vermy kontak met ander.
  • Kry mediese hulp.
  • Bel vooraf, voordat jy na ‘n dokter of ‘n noodgevalle eenheid gaan. Vertel hulle van enige onlangse reise en jou simptome.
  • Vra om deel te neem aan vergaderings via ‘n video- of telefoniese konferensies terwyl jy herstel.
  • Laat weet asb. as ons as gemeente jou kan bystaan.