Ouma

Sy loop stadig met hulp van haar loopraam

Statig; soos dit ‘n vrou van 94 betaam.

Haar lyfie word al hoe kleiner met die tyd

Dit alles ten spyt; bespeur ek geen verwyt.

Reg om te gee van die min wat sy het:

droë vrugte of ‘n koekie , vat maar net.

Saans geniet sy haar slukkie rooiwyn

Dit laat mos die bloeddruk glo kwyn.

Sy wonder wanneer God haar kom haal?

en hoop dan hardop sy het Hom nie gefaal.

Ek dink sy’s nog hier sodat ons meer kan leer

Van die lewe met sy gepaardgaande seer.

Ek moet eenvoudig vir my Ouma vertel;

Die gedagte van haar, laat my hart swel.

Dankbaar vir al die opofferings en raad

Waarby ek vir ewig nog gaan baat.

Dis my Ouma Hetta, maar tog ook soveel meer

Afstammeling van Andries Pretorius, word beweer.

NGVishoek: Ds. ( dominee ) Martin Barnard.