Skep moed

Anders as die geval van die psalmdigter het Jesus nie toe vir God gevra om Hom die wreedheid van die dood te spaar nie. Inteendeel, Hy het sy lewe opgeoffer vir jou en vir my.

Daar word dikwels gesê dat ons net een hartklop weg van die dood is. Dit is die prys wat ons betaal om te leef. Tydens ons leeftyd sal die meeste van ons een of ander tyd die dood in die gesig staar – ‘n lewensgevaarlike siekte, ‘n groot operasie, ‘n wrede aanval of ernstige ongeluk. Maar soos die skrywer van hierdie Psalm het ons ‘n God tot wie ons met vertroue kan bid.

Hy het ons lief en Hy het ons met ‘n doel op aarde geplaas. En totdat dit sy tyd is om ons huis toe te neem, sal Hy ons teen die dood beskerm. Hy sal ons veilig hou en ons in staat stel om Hom te dien, volgens sy wil en tot sy eer. Danksy Hom kan ons die lewe met vertroue aanpak.

Gebed: Here Jesus, skenk aan ons die genade om ons geloof en vertroue op U te vestig. Help ons om sonder twyfel te aanvaar dat U ons te alle tye sal beskerm. Ons bid dit in die kosbare Naam van Jesus. Amen.

Bron:  versndag.co.za

NGVishoek: Ds. ( dominee ) Martin Barnard.