Ware vergifnis

Hy vergewe ons ons sondes, maar ons moet ander mense ook vergewe. Indien ons ander oor dit wat hulle ons aangedoen het, haat en ‘n wrok teen hulle koester, word ons verbitterde mense.

Om te vergewe is nie maklik nie. Dit is in werklikheid een van die moeilikste Christelike deugde om te bemeester. Jy het ongetwyfeld al iemand hoor sê: “Ek kan vergewe, maar ek kan nie vergeet nie.” Dit is egter nodig om nie voortdurend te broei op dit wat iemand jou aangedoen het nie, want solank jy aanhou om daaraan te dink, bly dit onmoontlik om daardie persoon waarlik te vergewe.

Vra die Here om jou te help om êrens in jou brein ‘n plekkie (jou eie “forgettery”) te kan ontwikkel waar jy al jou gedagtes oor dit wat mense jou aangedoen het, kan gaan begrawe. Slegs as ons nie meer voortdurend aan hierdie dinge bly dink nie, sal ons die seëning van ware vergifnis kan beleef.

Gebed: Hemelse Vader skenk aan ons die genade om ander te kan vergewe soos U ons vergewe. In Jesus se Naam. Amen.

Bron:  versndag.co.za

NGVishoek: Ds. ( dominee ) Martin Barnard.