KinderGeloof Junior

Ons kategese klasse noem ons graag “KinderGeloof” wat die slagspreuke, “glo soos ‘n kind” lui. KinderGeloof vind tans plaas in twee hoofgroepe naamlik, Gr.R-3 en Gr.4-6 waarvan “KinderGeloof Junior” die voorafgenoemde groep is.

Ons fasiliteerders is mense wie ‘n passie vir kinderbediening het -nie net omdat dit sielsvervullend  is nie maar ook omdat ons self sό baie by ons kinders leer! Kinders herinner ons aan die vrae en die perspektiewe wat ons al oor die jare verleer of vergeet het. Hierdie bediening vind elke tweede week tydens die erediens plaas by die kerkgebou en elke ander tweede week op ons YouTube kanaal wat u ook via ons weeklikse nuusbrief kan bereik wanneer “Oupa Moses” bybelstories vertel.

 

    Wil u betrokke raak?

    Kies die bediening(e):

    Bewys dat u vlees en bloed is deur op die volgende prentjie te kliek: Vliegtuig.