Wat se die Bybel oor aborsie?

Psalm 139: 13-16 praat van God se aktiewe rol in ons skepping en formering in moederskoot. Eksodus 21: 22-25 beskryf die straf aan iemand wat veroorsaak dat ‘n vrou haar baba in moederskoot verloor. Die daad word gelykgestel aan moord. 
 
Dit dui duidelik aan dat God ‘n baba as ‘n volwaardige mens beskou in moederskoot. Vir ‘n christen is ‘n aborsie nie ‘n vrou se reg nie. Dit is ‘n kwessie van lewe en dood van ‘n wese van God geskep het.

Die eerste argument wat opkom teen die christen se beskouing oor aborsie is, “wat van kwessies soos verkragting en bloedskande?” Hoe afgryslik dit ook al mag klink, dit regverdig nie moord op ‘n baba nie. Die kind kan opgegee word vir aanneming aan liefdevolle ouers – of die kind kan grootgemaak word deur die moeder self. Die kind moet nie gestraf word vir die euwel dade van sy/haar vader nie.

Die tweede argument teen christene wat staan teen aborsie is, “wat as die moeder se lewe in gevaar is?” Dit is een van die moeilikste vrae met betrekking tot aborsie. Eerstens moet ons onthou dat hierdie vraagstuk slegs voorkom by een tiende van 1 persent van die aborsies wat wêreldwyd uitgevoer word. Tweedens moet ons onthou dat God wonderwerke verrig. Hy kan die moeder en baba se lewe spaar ongeag die mediese diagnose teen hulle. Eventueel kan die vraagstuk slegs besluit word tussen die man, vrou en God. Enige egpaar wat voor hierdie uiters moeilike situasie staan moet tot God bid vir wysheid wat Sy wil is. 94% van die aborsies wat uitgevoer word in die wêreld is vir ander redes buiten die risiko wat ‘n swangerskap vir die moeder inhou.

Die oorgrote meederheid aborsies kan gekwalifiseer word onder “’n vrou en/of haar maat het besluit hulle wil nie die baba hê wat hulle verwek het nie.” Dit is absoluut ‘n euwel. Self in die moeilike 6% van gevalle moet aborsie nooit eerste oorweeg word nie.

Vir diegene wat ‘n aborsie ondergaan het – die sonde van aborsie is nie minder onvergeefbaar as ander sonde nie. Deur geloof in God kan enige sonde vergewe word. ‘n Vrou wat ‘n aborsie gehad het, of a man wat dit aangemoedig het, of self die dokter wat die aborsie uitgevoer het – almal kan vergewe word in geloof deur Jesus Christus.

Bron: Got Questions Ministries

NGVishoek: Ds. ( dominee ) Martin Barnard.