Hoekom ontvang ek nie meer eposse van NG Vishoek af nie?
Jou diensverskaffer (Gmail, Yahoo, iCloud, Mweb, ens.) se werk is nie net om seker te maak dat jy eposse kan stuur nie, maar ook om seker te maak dat jy beskerm word teen kwaadaardige eposse wat jy ontvang! Daarom, wanneer jou diensverskaffer bewus word van ‘n instelling of ‘n individu (soos in hierdie geval, NG Vishoek) wie buitengewoon baie eposse stuur, raak die diensverskaffer onmiddelik “skepties” en blok daardie instelling of individu se eposse aan jou – wat in hierdie geval, die gemeente is.
NG Vishoek stuur byna 2000 eposse per week, en daarom gebeur dit van tyd tot tyd dat die diensverskaffers eers by jou, hul verbruiker, wil bevestiging ontvang voordat hulle ons weer toelaat om jou per epos te kan kontak.
Wat kan ek nou doen om dit reg te stel?
Die term wat die rekenaar-fundis gebruik is “whitelisting.”
Jy kan self gaan kyk in jou verstellings of jy @ngvishoek.co.za kan “whitelist” maar indien jy die makliker roete wil gaan kan jy eenvoudig ‘n epos stuur aan jou diensverskaffer waar jy vra dat hulle op jou rekening sal toestemming gee dat enige eposse wat eindig op @ngvishoek.co.za toegelaat sal word – of soos voorheen genoem is, by jou “whitelist” gevoeg kan word.