Erediens 25 Julie 2021

 

As ek vandag aan hierdie land en sy mense dink, dan sien ek ‘n stukkende land in my gedagte.  ‘n Verskroeide land – ‘n land waarin daar nie ‘n dag omgaan waar daar nie kosbare mense sterf, vanweë een of ander vorm van geweld nie. Die verwoesting van die afgelope week, roep ons tot verootmoediging en gebed. Daarom dat soveel van ons landgenote net besluit het om hulle goed te vat en die land te verlaat.
Raak dit nog vir ons? Of dink ons al dat dit nie meer so erg is nie?
As Paulus aan die einde van hierdie brief kom, dan roep hy die gelowiges op om in gebed voor God te kom staan.
Net een oplossing:
1. Die Evangelie moet by mense uitkom.
2. Bid vir die bewaring teen slegte mense
3. Belofte van God se trou!
4. Onthou God se liefde.
Kom buig saam om die Woord en voor die troon van God vir ons land.