Seniorbediening

Senior Bybelstudie

Kom deel in die uitsonderlike geleentheid om op ʼn interaktiewe wyse verwonder te word deur die Woord van God. Hier bestudeer ons God se Woord en leef ons dit daadwerklik uit. Dit vind plaas in ʼn veilige ruimte waar jy jouself kan wees. Kom kuier saam elke tweede Woensdag om 10:00 in die kerksaal.

 

Uitspanklub

Ons besoek gereeld interessante en boeiende plekke hier op ons voorstoep soos byvoorbeeld Groot Constantia wat in 1679 sy ontstaan te danke het aan Simon van der Stel. Saam kuier ons verkwiklik by Roosplase, verskeie soorte Museums, speel Putt-putt saam en kuier en eet gesellig saam. Kalky’s in Kalkbaai se hawe se vis en skyfies is ʼn groot gunsteling. Jy is hartlik welkom.

 

Senior etes

Ons Seniors is vir ons uiters belangrik want hulle het ʼn onskatbare waarde van kennis en wysheid. Ons vier spesiaal ons Seniors met ʼn baie besonderse Senior Lidmate Sondag in Oktober. By hierdie spesiale geleentheid word die erediens ingeruim soos van ouds. Die ds. dra weer toga en ons sing Psalms en Hallelujas soos van ouds. Na die erediens word daar vir ons Seniors ʼn heerlike 3 gang ete deur gemeentelede bedien.