Geseën om te seën

“Ek suig aan die agterspeen..
Ek is nie in tel nie
My mening maak nie saak nie…”
Die meeste van ons, vermoed ek, het by tye al so gevoel. Ons teks sê dat Jesus geweet het wat dit is om aan die agterspeen te suig. Dis glad nie ‘n lekker gevoel nie. Jesus het geweet wat dit is om deur die mense verag te wees, soos die profeet Jesaja dit in Jesaja 53 verwoord. Hy, die Prins van die hemel, het die verworpeling geword.
Kom deel saam met ons oor wat die Woord ons wil leer oor jou roeping as geseënde van die Vader.
17 views