‘n VRIEND is soms nader as ‘n broer of ‘n suster

CJ Langenhoven het ’n baie waar opmerking gemaak — “Ware vriendskap is nie te koop nie, want vriendskap vind nie sy lus in neem nie, maar in gee.”

Vriende is aan die ander kant ook ʼn plek waar jy kan afblaas. Waar jy jou gevoelens kan ventileer. Waar jy jouself kan wees. Die beginsel waarmee Jesus geleef het naamlik “Behandel ander mense soos wat jy behandel wil word”, vermoed ek is ook van toepassing op ons vriendskappe.

Soms kom mense nader aan jou as vriend en soms is die teendeel waar. Die Bybel praat heelwat oor verskeie vriendskappe. Kom luister saam wat die Woord sê waarom jy vriendskappe nodig het.

43 views