Was jy al ooit sprakeloos? Het jy al ooit ‘n nuwe jaar ingegaan en werklik nie geweet wat dalk vir jou voorlê nie? Het jy al ooit ‘n tydjie geneem vir stil word om met God te praat, maar nie geweet het wat om te sê nie?
Ons word in Romeine daaraan herinner dat: “die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie.” Hierdie belofte verseker ons dat ons rede het om hoop te hê. Die Skepper hoor ons gebede al weet ons nie altyd hoe om dit te verwoord nie. Selfs in ons swakheid staan die Gees ons by en daarom kan ons nie net hoop nie, maar ons moet ook hoop vir die wêreld bring.