12/08/2021
Ai, vriende, dit is met hartseer dat ek die volgende boodskap aan u moet meedeel. Ons het geruime tyd vir Leon Luyt se Ma voorbidding gedoen, sy is gisteraand oorlede. Ria Laubscher se suster is ook eergisteraand oorlede sowel as Willem Mouton se suster. Ons harte is seer saam met julle en bid die Here se troos toe vir julle en julle familie. Julle bly in ons gebede. 🙏🏼🙏🏼
Nog slegte nuus wat ontvang is, is dat Marius Calitz ook eergister oorlede is. Ons bid vir Marinda en die kinders die Here se troos toe. 🙏🏼🙏🏼
—————-
11/08/2021
Vriende, ons bid vir Franco Maass wat Covid-19 onder lede gehad het. Hy is gister uit die hospitaal ontslaan. Ons bid vir jou volledige herstel, Franco. Ons kategese en A2j is eerskomende Sondag in-persoon. Neem asb. kennis dat as u vir die erediens bespreek, u net asb. ook vir die kinders/jongmense sal bespreek. Die skakel is hier beskikbaar: https://www.ngvishoek.co.za/besprekings/erediensbesprekings/
Ons het ook ons tweede les van die derde kwartaal wat betref die Belydenisklas. Seën van die Here vir u dag.
—————-
09/08/2021
Vir al ons vroue op Vrouedag, bid ons die Here se seën genade oor elkeen van jul toe. Ons dra ook vir Gerald Fourie en sy gesin aan die Here op met die sterfte van sy Ma. Verder bid ons ook vir Werner Voges en Danie Rossouw wat beide Covid-19 onder lede het. Julle almal is in ons gebede. 🙏🏼🙏🏼
—————-
04/08/2021
Vriende, die lewe het sy hartseer maar ook sy vreugde. Ons is hartseer saam met Marianne Dirker en gesin met die sterfte van haar Ma. Daarmee saam bid ons ook vir oom Andries en tannie Dina wie se skoonseun ook vanoggend oorlede is. Aan die ander kant van die spektrum is ons dankbaar saam met Charmaine en Shawn Wolstenholme met die geboorte van hul seuntjie. Seën van die Here vir julle.