Basaar

By ons jaarlikse Basaar is dit ʼn geleentheid om saam te kuier en jouself te verlustig aan al die smaakvolle geregte. Al die byvoeglike naamwoorde soos hemels, delikaat, voortreflik, gesellig, verkwikkend beskryf al die geregte. Jy kan weglê aan pannekoek, poedings, kerrie en rys, gebak, spek en eiers, vis en skyfies, boereworsrolle en hamburgers. Daarmee saam kuier ons by die teetuin, dankbaarheidstafel, handwerktafel en kan jy jouself verder bederf met sjokolade en roomys asook koeldranke. Informeel word hier gesellig saam gekuier. Een van die hoogtepunte van die jaar.

 

    Wil u betrokke raak?

    Kies die bediening(e):

    Bewys dat u vlees en bloed is deur op die volgende prentjie te kliek: Boom.