Jesus sê dat ons wat Hom volg nooit by mense in nood kan verbyleef nie. Wag, ons hoef nie baie op ons naam te hê voordat ons help nie. Ons moet dit doen uit die bietjie wat onsself het. Dit loop in elk geval oor vanuit ons harte! As ons minstens nog twee keuses oorhet, dan moet ons een keuse opgebruik en kies om iemand te help. Dan vervaag daardie “tekort-mentaliteit” wat vele godsdienstiges teister, spoedig in ons binneste. Johannes die Doper se woorde in Lukas 3 dat die heel armstes ook iets het om te deel, moet ons aanspoor. Hy sê dat as jy 2 stelle klere oorhet, dan kan jy een deel met diegene wat kaal rondloop. Leer by die Masedoniese Christene van 2 Korintiërs 8:1-5, wat brandarm was, maar nogtans hulleself en hulle bietjie geld in God se diens gestel het. Gee jou tyd, jou luisterende oor, jou hand van vriendskap, jou gebed, en jou daarwees. Solank jy nog tussen “chicken or beef” kan kies, is jy geseënd! Moet egter nie net hierdie seëninge tel nie; deel dit!
Bron: ekerk