Derde van SA kinders verloor onskuld al op 14

Navorsers het bevind hoewel kinders van 12 tot 17 jaar baie blootstelling kry aan inligting oor sek­sualiteit en MIV/vigs, is daar gebreke in hul kennis van die oordrag van MIV en ander seksueel oordraagbare infeksies.

In hierdie ouderdomsgroep het 31% van seuns en 23% van meisies al seks gehad.

Meisies het gemiddeld rondom 15 jaar oud die eerste keer seks gehad en seuns op 14 jaar.

Die helfte van diegene wat seks gehad het, het die laaste keer ’n kondoom gebruik. 

Volgens die RGN fokus programme oor seksuele en reproduktiewe gesondheid en die voorkoming van MIV gewoonlik op kinders van 15 jaar en ouer.

Vir die RGN se studie is kinders van so jonk as vyf jaar oud egter ondervra.

In die ouderdomsgroep vyf tot agt jaar oud het die meeste kinders geweet hulle moet versigtig wees vir vreemdelinge en mense wat op “verkeerde maniere” aan hulle wil vat.

Maar hulle het nie van ander maniere geweet om hulself te beskerm nie.

In die ouderdomsgroep nege tot elf jaar was kennis oor die voorkoming van swangerskappe en seksueel oordraagbare infeksies ook beperk.

’n Derde van Suid-Afrikaanse kinders het op 14-jarige ouderdom al seks – en minder as die helfte van hul ouers besef wat die kinders aanvang. 

’n Studie deur die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing (RGN) oor hoe ingelig kinders is oor MIV/vigs en seksuele en reproduktiewe gesondheidskwessies het onder meer gewys kinders in die ouderdomsgroep 12 tot 17 jaar kry die meeste van hul inligting oor MIV/vigs by skole en van hul maats.

Die meeste ouers wat in ’n opname ondervra is, het nie seks met hul kinders bespreek nie. Die ouers het wel met hulle gepraat oor mishandeling en hul kinders gewaarsku om vreemdelinge te vermy.

Vir die studie, wat in opdrag van die Sweedse organisasie Save the Children gedoen is, is 2?087 huishoudings in Limpopo, KwaZulu-Natal, die Wes- en Oos-Kaap besoek.

Navorsers het bevind hoewel kinders van 12 tot 17 jaar baie blootstelling kry aan inligting oor sek­sualiteit en MIV/vigs, is daar gebreke in hul kennis van die oordrag van MIV en ander seksueel oordraagbare infeksies.

In hierdie ouderdomsgroep het 31% van seuns en 23% van meisies al seks gehad.

Meisies het gemiddeld rondom 15 jaar oud die eerste keer seks gehad en seuns op 14 jaar.

Die helfte van diegene wat seks gehad het, het die laaste keer ’n kondoom gebruik. 

Volgens die RGN fokus programme oor seksuele en reproduktiewe gesondheid en die voorkoming van MIV gewoonlik op kinders van 15 jaar en ouer.

Vir die RGN se studie is kinders van so jonk as vyf jaar oud egter ondervra.

In die ouderdomsgroep vyf tot agt jaar oud het die meeste kinders geweet hulle moet versigtig wees vir vreemdelinge en mense wat op “verkeerde maniere” aan hulle wil vat.

Maar hulle het nie van ander maniere geweet om hulself te beskerm nie.

In die ouderdomsgroep nege tot elf jaar was kennis oor die voorkoming van swangerskappe en seksueel oordraagbare infeksies ook beperk.

Bron: http://www.rapport.co.za/Suid-Afrika/Nuus/Derde-van-SA-kinders-verloor-onskuld-al-op-14-20110827

NGVishoek: Ds. ( dominee ) Martin Barnard.