Ons nooi Jesus binne ons vriendskap in. ’n Wyse oom het vir ons geleer dat ’n huwelik soos ’n driehoek is waar Jesus aan die boonste punt is, huweliksmaats is aan die twee kante van die driehoek. Soos ons nader aan Jesus beweeg, groei ons ook nader aan mekaar. Een manier om dit te doen is om saam na Jesus te luister. Hier is ’n vraag wat julle kan bespreek: “Hoe kan ons as vriende nader aan ons vriend Jesus groei?”
Ons kan ook opnuut die lewe saam geniet as mekaar se “lovers”. Ons doen dit deur iets te doen wat ons albei geniet. Albei. Dalk is dit om by ’n gunsteling restaurant te gaan eet of saam ’n fliek te gaan kyk. Miskien is dit om op ’n romantiese uitstappie te gaan. Dalk is dit om mekaar te verras met iets spesiaal. Hier is nog ’n vraag wat julle kan bespreek, “Hoe sal dit lyk om iets saam te doen as “lovers”?”
O, en as jy gewonder het waar daardie Hooglied vers is, nooi ek julle uit om die boek hardop vir mekaar te lees … dalk help dit om mekaar te herontdek as “lover” en “friend” 🙂
Bron: ekerk.org