Ek het in hierdie tyd ontdek dat beproewing ’n seën kan wees. Hoe absurd dit ookal mag klink!
Niemand hou tog van pyn nie.
Maar, dink ’n bietjie hieroor: Om jou liggaam en spiere in ’n goeie fisieke toestand te kry, moet jy oefen en soms is die oefeninge maar pynlik. Hoe meer jy jou spiere oefen, hoe sterker word hulle. Dit is ook hoe jou geloof groei. As jy met pyn en lyding te doen kry, kan jou geloof groei en sterker word. In moeilike tye leer ’n mens om op God staat te maak en op Hom te vertrou. Alleen kan jy nie deur moeilike tye kom nie.
Met jou hand styf in God s’n, kan jy selfs in moeilike tye ’n loflied sing, soos Habbakuk: “Tog, ten spyte van alles, sal ek my verbly in die Here… Hy maak my voete soos die van ’n ribbok, op hoë plekke laat hy my veilig loop.”
Bron: ekerk.org
NGVishoek: Ds. ( dominee ) Martin Barnard.