Dominee soek dié wat ‘uitpraat’


Verlede jaar is onder meer ’n klag teen Rauch by die ring van Parow gelê weens ’n verbale “aanval” op ’n kerkraadslid. Die ring van Parow het Rauch aangesê om die klaer om verskoning te vra. Hy het dit nooit gedoen nie.

Daarna het kerkraadslede hom by verskeie geleenthede gevra om die wrywing tussen hom en van sy lidmate uit te stryk. Hy is ook aangesê om sy vrou te maan dat sy met groter begrip en deernis met gemeentevroue en -werkers moet praat.
“Ofskoon hy ingestem het, het hy dit nooit gedoen nie,” is aan KaapRapport gesê.

Hulle is diep ongelukkig omdat hy gemeentelede van die preekstoel af “dikbekke” genoem het.

KaapRapport het vasgestel die leierdiaken en voorsitter van die administrasiekommissie het in 2009 weens die ongelukkigheid uit die kerkraad bedank.

Rauch het die afgelope weke weer volstrek geweier om op KaapRapport se navrae te reageer.

Om dié rede het KaapRapport dr. Braam Hanekom, moderator van die Wes-Kaapse sinode van die NG Kerk, om kommentaar genader.

Hanekom sê “sensitiewe prosesse” is in die gemeente aan die gang. “Rolspelers moet ’n billike kans kry om die saak op ’n Christelike manier af te handel.”

Volgens Hanekom “het die kerk ’n verantwoordelikheid om enige negatiewe gerugte wat die ronde doen, deeglik te ondersoek en geregtigheid te laat geskied”.

Bron:  Rapport 

NGVishoek: Ds. ( dominee ) Martin Barnard.