Eko-bediening

Visvoete Stapklub

Vishoek gemeente is omring met berge. Aan die noordelike en suidelike kant word ons deur die Tafelberg Nasionale Park begrens, met bergreeks ten noorde by Tafelberg en ten suide die Elsiespiek en die bergreeks wat verder suid tot by Kaappunt strek. Die gemeente beskik oor uiters ervare stappers wat jou sal laat veilig voel as jy saam stap. Daar is maklike staproetes en meer gevorderde staproetes waaruit jy gereeld kan kies. Besoek gerus die Visvoete se eie webwerf by  http://visvoete.wixsite.com/visvoete vir foto’s, tydskedules en nog meer.

 

Omgewingsorg

Die Here gee vir ons die verantwoordelikheid om na die aarde om te sien. Na onderhandelinge met Metrorail het hulle ʼn deel van die spoorlyn aan ons gemeente toegewys. Vanaf Vishoek stasie tot by Sunny Cove stasie neem ons verantwoordelikheid om die treinspoor skoon te hou deur op ʼn gereelde basis die rommel op te tel.

 

Natuurbewaring

Daar was ʼn behoefte om staproetes op Elsiespiek, wat net agter ons kerkgebou geleë is, weer op standaard te bring deur die dreineringslote oop te maak, oopsnoeiwerk te doen waar nodig, om onwettige paadjies en dubbelpaadjies toe te maak en daarna op ʼn gereelde basis roetine instandhoudingwerk te doen. Na gesprekke met beamptes van die Tafelberg Nasionale Park het die gemeente se Eko-bediening verantwoordelikheid vir die instandhouding van die ongeveer 8 km. staproetes op Elsiespiek aanvaar en word instandhouding tans op ’n gereelde basis gedoen.