Speserye het in die vorm van boombas, gom, wortels en so meer gekom. Die geurige substansies is gewoonlik verpoeier, vermeng en dan met olie of salf gemeng (Eksodus 35:28). Dan is die olie as parfuum gebruik (Ester 2:12) of dit is met godsdienstige geleenthede gebruik (Eksodus 30:23-25, 34-38). Geliefdes kon dit ook as potpourri op die lakens sprinkel (Spreuke 7:17-18) of sommer net om die huis lekker te laat ruik. Ons weet ook dat die mense speserye gebruik het om lyke mee te balsem (2 Kronieke 16:14; Lukas 23:56, 24:1).
Vrugte
amandels Gen 43:11
appel Joël 1:12
dadel Joël 1:12
druiwe Deut 23:24
granaat Num 13:23; Joël 1:12
moerbei Luk 17:6
neute Gen 43: 11
vye Num 13:23; Jer 24:1-3; Eseg 27:17; Joël 1:12
waatlemoen Num 11:5
wildevye Am 7:14
Vleis
bok Gen 27:9
kalf Luk 15:23
lam 2 Sam 12:4
os 1 Kon 19:21
pluimvee 1 Kon 4:23
skape Sag 11:4
sprinkane Lev 11:22; Matt 3:4
vark Deut 14:8; Mark 5:11
vis Num 11:5; Joh 21:9
vleis Num 11:5
wildsvleis Gen 27:7
Eetgoed
beesmelkkaas 2 Sam 17:29
bredie 2 Kon 4:39
brood Gen 25:34; Lev 24:5; 1 Kon 14:3
botter Gen 18:8
eiers Luk 11:12
geregte vir koningin van Skeba 1 Kon 10:4
heuning Num 14:11; 1 Sam 14:25; 2 Sam 17:29; 1 Kon 14:3; Eseg 27:17; Matt 3:4
kaas 1 Sam 17:18
koek 1 Kon 14:3
olyfolie Eks 30:24; 1 Kon 5:11
suurdeeg Lev 2:5
Drinkgoed
bier Deut 14:26; Luk 1:15
bokmelk 2 Sam 17:29
melk Gen 18:8; Num 14:8
wyn Luk 1:15; Joh 2
Bron: bybelkennis.co.za