Wel, dit is waar op grond van die Bybel se boodskap, die geloof wat ons bely en die Heilige Gees wat in ons getuig.
Die waarheid van die Godstad het met God self te doen, en meer spesifiek met die betekenis van sy teenwoordigheid. Hy is in die stad, Hy is die belangrikste Een in die stad, sy teenwoordigheid maak die stad vol, Hy kies hoe en waar en wanneer Hy in die stad is, Hy kies die inwoners met sy eie hand uit, Hy bepaal die ervaring om in die stad te wees vir die inwoners, Hy is die Alles in die Godstad!
Wat kan die inwoners verwag omdat Hy die Alles in die Godstad is? Elke Jesus-mens kan ontdek dat Hy is:
· Teenwoordig … want sonder Hom kan ons nie ‘n sekonde van ons lewe nie;
· Omgee … want sonder Hom kan daar nie liefde in ons wees nie;
· Slimheid … want Hy gee ons gesonde verstand om ons lewe mee te lewe;
· Versorger … want Hy weet wat ons elkeen regtig nodig het;
· Trooster … want Hy ken ons diepste hartseer;
· Toekoms … want Hy sal daar wees in die onsekerheid oor wat wag;
· Alles … want Hy laat ons nooit in die steek nie.
Daarom kan ons elkeen net vashou, vashou aan … die sterkste, slimste, beste, liefste, mooiste, grootste, nabyste EEN, ware EEN, lewende EEN!!!
Kom ons sê net opreg: “Enigste Lig in my lewe, dankie dat gereinigde ek U in alles kan aanbid.”
Bron: http://doomcharl.blogspot.com/ NGVishoek: Ds. ( dominee ) Martin Barnard.