Histerie as navorsing Bybel weerlê



Evolusie word vandag wêreldwyd as ’n feit aanvaar. Waarom bedryf sommige gelowiges volstruispolitiek en hang randeier-wetenskap­likes aan wat dit kamtig verkeerd bewys? 

Besef die gelowiges nie dat hulle hulself belaglik in die oë van ingeligte mense maak nie?

Die nuutste argeologiese navorsing vind géén bewys van die bestaan van ’n Israelse volk in slawerny in Egipte nie. 

Van die swerftog van meer as ’n miljoen mense 40 jaar deur die woestyn, waarvan 38 naby dieselfde oase, is daar ook geen teken nie. 

Daar is wel bewyse dat groepies inwoners van Kanaän begin saamsmelt het en uiteindelik die Israeliete geword het. 

Daar is boeke vol interessante navorsing oor die Bybeltydperk. Dit is nie navorsing deur “ateïste” wat die Christendom probeer ondergrawe nie. 

Dis eerlike, bewysbare navorsing. Waarom dan telkens die histeriese uitbarsting van beledigings en verdoeming? 

Moet ’n eerlike wetenskaplike sy ontdekkings en bevindings ontken bloot omdat dit nie met die Bybel ooreenstem nie?

Sou hierdie “gelowiges” werklik verkies dat daar nooit navorsing gedoen word nie? 

Waarvoor is hulle bang? Stel hulle nie ook belang om die Christelike godsdiens beter te verstaan nie? Of voel hulle dalk bedreig dat hul vertolking van die Bybel toe nou nie so akkuraat was nie?

Bron:  http://www.beeld.com/MyBeeld/Briewe/Histerie-as-navorsing-Bybel-weerle-20120330

NGVishoek: Ds. ( dominee ) Martin Barnard.