Jesus se opstanding gee vir jou ‘n lewensdoel

Die boodskap dat sy pa na hom soek en nie sal moed opgee totdat hy gevind is nie! Dit het hom hoop gegee en ‘n nuwe doel om te lewe.

 

Ons lees in die Bybel hoedat Jesus se dissipels na sy dood baie mismoedig was. Hulle het gedink alles waarvoor hulle geveg het en waarvoor Jesus gestaan het, was tevergeefs! Niks was nou meer die moeite werd nie! Die boodskap van hoop het met Jesus se dood verdwyn!

 

Toe verskyn die opgestane Jesus aan hulle en hulle besef:  Hy het werklik opgestaan uit die dood soos Hy belowe het. Dit het hulle hele lewensuitkyk verander. Skielik is hulle bereid om doelgerig die wêreld in te gaan en van Jesus se redding te vertel!

 

Wat het dit verander ? Hulle het besef dat Jesus se beloftes waar was, dat Hy werklik opgestaan het en die bande van die dood gebreek het. Nou het hulle iets om doelgerig voor te leef. Van toe af was die dood nie meer die einde nie, maar ‘n nuwe begin.

 

Gebed: Here Dankie dat U opgestaan het uit die dood. Dankie dat hierdie boodskap my moed gee om elke dag doelgerig vir U te werk.

Bron:  versndag.co.za

NGVishoek: Ds. ( dominee ) Martin Barnard.