Kerk moet self ook kwelvrae antwoord


Dít laat die indruk dat hul konserwatiewe kritici verstok en uit voeling met die moderne wêreld en sy denkstrome is. Dis eenvoudig nie in alle gevalle waar nie. 

En wat van die tannie met haar verslete Bybel op die bedkassie wat na die kerk opsien om kontak en rigting aan haar Jesus-ondervinding te verskaf? Is dit regverdig om al die nuwe, soms hoogs abstrakte en dikwels spekulatiewe idees op haar af te dwing? 

En wat van jongmense wat nog nie die intellektuele mondering het om die klinkende uitsprake van gesofistikeerde geleerdes te kan beoordeel nie? Hier bly die kerk te dikwels in gebreke om binne sy strukture vrae en bekommernisse op te vang en te hanteer. 

Geen wonder mense dwaal Sondae in winkelsentrums rond eerder as om na niksseggende preke te luister en aan die leë kerkritueel deel te neem nie.

Bron:  rapport.co.za 

NGVishoek: Ds. ( dominee ) Martin Barnard.