Kommetjie Hoenderbraai
Vroeg in die jaar kuier ons saam by die Kommetjie hoenderbraai. Vroegdag word die vure aangesteek, die tafels word gedek by Kommetjie Laerskool en 18:00 daag die gemeente op en kuier hul tot laat aand. Hier smul ons aan hoendervleis, slaaie, broodjie en nagereg met ʼn tee/koffie om mee af te sluit. Daar heers ‘n ontspanne, opgeruimde atmosfeer wat ‘n Kommetjie-gees van Christen omgee weerspieël.