Ons het Iemand nodig wat hierdie kloof van die anderkant af kan oorbrug. Iemand moet vanaf daar af ’n nuwe pad bou aarde toe, anders is ons in ’n verskriklike gemors. Iemand baie groot, sterk en genadig moet ons dringend kom help. Gelukkig is daar een so ’n Persoon, net EEN — Jesus! Hy het die kloof kant en klaar oorbrug. Waar daar vroeër g’n pad was nie, het Hyself ’n kruispad gebou met sy lewe. Sy reis na ons toe was die duurste reis ooit in die geskiedenis van die heelal. Dit het ’n nuwe roete na God toe oopgemaak, een wat sonde- en doodbestand is. O ja, indien jy bekommerd is oor die reisgeld — Jesus het reeds die geld vir jou eie reis betaal. Glo net in Hom as die Here van jou lewe. Bly elke dag op sy koers.
Bron: ekerk.org
NGVishoek: Ds. ( dominee ) Martin Barnard.