Moeders is baie spesiaal

Om ons moeder te eer is ‘n Bybelse opdrag en om hulle lief te hê en gehoorsaam te wees, as hulle goeie raad en leiding gee, is net tot ons voordeel.Daar is talle spreekwoorde en aanhalings oor die deugde van moeders. Daar is o.a. die volgende Engelse uitdrukkings:”A man’s work is from sun to sun, but a mother’s work is never done.” en “The most important thing a father can do for his children is to love their mother.”

Dan is daar die Sjinese spreekwoord wat aandui dat daar net een pragtige kind in die wêreld is en en dit is elke moeder se kind. — Is dit nie waar nie?

Moeders dink dat HULLE kinders die oulikste, slimste en mooiste kinders op die ou aarde is.’n Pragtige Joodse uitdrukking sê dat ‘n moeder verstaan wat haar kind nie kan verduidelik of verwoord nie.Die skrywer van hierdie teks weet maar te goed hoe dié dag, Moedersdag, mens kan kwes as jou dierbare moeder al oorlede is.

Die verlange bly groot. In sulke tye is ek egter ook te dankbaar vir die wonderlike tyd wat sy vir my gespaar was. Daardie tye wat sy my dinge geleer het wat ek nou weer kon oordra aan andere.Dank saam met ons die Here vir moeders wat die opvoeding van hulle kinders belangrik ag en so hard werk om haar kinders nie net ‘n goeie grondslag te gee vir die toekoms wat voorlê nie, maar ook hard probeer om ‘n goeie Christelike voorbeeld daar te stel.

Die wêreld het sulke leiers en burgers bitter nodig.

Dankie mammas, julle is sterre! 

Bron:  http://mens.afrikaansegids.org/moedersdag.htm

NGVishoek: Ds. ( dominee ) Martin Barnard.