Sommige mense frustreer ons grensloos. Hulle oordeel jou en jy voel mismoedig. Hulle hou nie van jou nie en jy voel uitgesluit. Dit is asof hulle net die spreekwoordelike “black hole” is wat net alles uit jou dreineer. Hulle is altyd dwars. Hulle maak jou woedend. Hulle maak jou depressief. Dit gese- jy hou self niks van hulle nie.
Hierdie woorde het ek al menig keer gehoor.
Maar hoor dit. God kan hulle gebruik om jou te help om die beste weergawe van jouself te word. Miskien kan God hulle meer gebruik as die mense waarvan jy hou. Jesus het gese in Matteus 5:43-48………………….
Ander mense skep nie jou Gees nie, maar hulle openbaar jou Gees. Hulle openbaar wie jy regtig is..
As God kwaliteit in jou wil laat groei, dan mag hy iemand stuur wat jou in die verkeerde rigting versoek. As jy nodig het om te groei in liefde dan sal mense wat erg liefdeloos is jou grootste uitdaging wees.
As jy nodig het om hoop te leer, gaan daar iemand wees wat altyd negatief is- wat jou uitdaag om jou hoop te leef. Moenie dat die negatiewes en mismoediges jou oorneem nie- gee vir hulle hoop.
Ons kan so maklik begin saam praat oor negatiewe dinge wat hooploos is. Daar is baie dinge wat ook positief is. Leef die positiewe uit.
As jy by die “gym” is dan moet jy met gewigte oefen as jy groter spiere wil he en as jy fiks wil word moet jy kardiovaskulere oefeninge doen. Moeilike mense kan juis jou emosionele en geestelike “gym” wees.
Hoekom laat God moeilike mense in my lewe toe?
Ek dink as God van alle moeilike mense wil ontslae raak- as hy mense met foute en sonde moet wegneem- dan dink ek jou lewe sal baie alleen wees. Want ons almal kan seker maar moeilik wees as ons die dag wil.
Ons bid altyd dat die Here vir ons ‘n lewe sal gee sonder moeilike mense maar dink ‘n bietjie vir ‘n oomblik hoeveel groot karakters in die Bybel moeilike mense gehad het waarmee hul te doen gekry het.
Moses en Farao, Elia en Jeseebel, Ester en Hamman, Jakob en Laban, Dawid en Saul, Johannes die Doper en Herodes. Jesus het selfs vir Judas gehad.
As God jou lief het en as hy jou lewe wil vorm, gaan daar moeilike mense oor jou pad kom. Maar neem kennis. Jy is die moeilike persoon God stuur om ander mense se lewe te shape.
As ons kan leer dat ons selfs in hierdie verhoudinge kan leef soos God dit van ons verwag, dan het ons al ver gegroei. Dit is die belangrikste.
As die Springbokke speel teen Fidji weet jy ons gaan wen. Teen die All Blacks gaan dit ‘n opdraande stryd wees. Waaraan wil die Springbokke hulself meet- aan Fidji of aan die All Blacks. Natuurlik die All Blacks.
Vers 46 se:”As julle net die liefhet wat vir julle liefhet, watter loon kan julle dan nog verwag?
As ons ons Christenskap meet deur hoe ons optree teen daardie mense wat jou lewe moeilik maak dan sal daar groei wees.
Besef die impak wat mense in jou lewe maak:
Ons word baie meer geaffekteer deur die impak van mense in ons lewens as want ons besef. Ons word altyd geaffekteer deur mense: Of jy word ge-energeer of jy word gedreineer deur elke interaksie.
Sommige mense bring lewe. Hulle vermeerder ons energie, gee hoop, bou op en laat die beste in my na vore kom. Ander mense dreineer die lewe uit jou. Hulle maak jou meer angstig en maak jou selfs sinies.
Hoe groei ons deur moeilike verhoudinge?
1. HOU GOD TUSSEN JOU EN MY
John Ortberg vertel van die moeilikste gesprek wat hy in sy lewe gehad het. Dit was met iemand wat al vir 10 jaar ‘n vriend van hom was. Daar het al lankal iets skeef geloop in hulle vriendskapsverhouding maar hy het dit geignoreer en maar net aangegaan met die verhouding. Vir jare lank. Tot een dasg. Hy het besluit hy gaan die telefoon optel en sy vriend bel en reguit praat met hom.
Dit was vir hom verskriklik swaar om die telefoon op te tel. Hy was bang die uiteinde is ‘n vriendskap wat pynlik eindig. Dat hulle mekaar nie eers meer gaan sien en dat hulle kwaad uitmekaar sal gaan. Dit het erger geeindig as wat hy gedink het.
Maar hy se daar was een belangrike gedagte wat hy gehad het wat hom gehelp het met die gesprek. Hy het vir homself gese: Ek hoef die uitkoms van hierdie gesprek te beheer nie. Ek hoef nie dat die ander persoon met my saam stem nie. Ek hoef nie eers goed te praat nie. Ek los dit in God se hande.
Aan die einde van hierdie gesprek, selfs al het dit nie die gewenste uitwerking gehad nie, het hy goed gevoel. Hy se:”I felt alive because I was trusting Jesus with a challenging relationship. When I keep God between you and me, I begin tob e less afraid of you.
Begin vir daardie persoon bid Matt 5:44-45.
2. Wat maak iemand moeilik?…Vir jou!
Daar is baie oorsake: Ik, fisiese voorkoms, ability, persoonlikheidstipe- maar die nommer een faktor wat bepaal of jy van iemand hou of nie is of hulle van jou hou of nie. In die meeste gevalle, as hulle van jou hou, dan sal jy van ho hou. As hulle nie van jou hou nie, dan sal jy ook nie van hom hou nie.
As daar iemand is waarvan ek nog nooit gehou het nie en ek vind uit dat hy iewts goed van my gese het, dan dink ek, maggies man. Hierdie persoon het goed bygekom. Hier is nogal potensiaal in hierdie persoon.
Daardie persoon kan fantasties wees in elke faset, maar as hul nie van jou hou nie, neem jou persepsie oor van hulle.
God is nie so nie. God hou van mense wat van Hom hou. God hou van mense wat nie van hom hou nie. God doen dit want Liefde is die enigste manier van lewe.
Leer by die Meester
Ek dink daar is iemand wat die kuns bemeester het om met moeilike mense saam te lewe soos Jesus nie. Kyk, Jesus het verskriklik baie oefening hierin gehad.
Die Romeine wou Jesus stil maak.
Herodes wou hom vermoor het
Pilatus was sy hande in onskuld- hy weet Jesus is onskuldig.
Mense in Jesus se omgewing wou hom stenig. ‘n Baie goeie vriend, Judas, van Jesus draai sy rug op hom.Verraai hom.
Die skare skree hulle soek nie vir Jesus nie, kruisig hom, kruisig hom..
En Jesus: Jesus het nooit gebid:”Here, verwyder asb hierdie mense uit my lewe uit nie.”
Jesus se leringe oor hoe om met moeilike mense oor die weg te kom het voortgevleoi uit eie ondervinding. Partykeer diep pynvolle ervarings en wysheid.
Daar is 2 belangrike leringe waaruit ons baie kan leer: Hoe hanteer jy mense wat jou Beledig en hoe hanteer jy mense wat van jou misbruik maak.
1. Beledigers:
In Matt 5:38-39 lees ons: oog…
Die oog vir ‘n oog stelling kom uit die Hebreeuse teks. Dit klink vir ons baie wreed maar dit was ‘n enorme stap vorentoe in die antieke wereld. Onthou daar was nie Polisiemanne nie, daar was nie ‘n konstitusie nie, Geen menseregte nie. Magtige mense het ander vermoor net omdat hy aan hom gestamp het. Hierdie wet is gemaak sodat die straf in verhouding moet wees met die oortreding. Daar moet ewematigheid wees.
Maar dit los ons nogsteeds met ‘n probleem. As iemand jou seermaak wil jy hom altyd seerder maak. Daar is ‘n studie gedoen waar daar druk op hul vinger uitgeoefen is. Dan moes hulle dieselfde druk uitoefen op ‘n ander persoon se vinger. Deur die bank het hulle meer druk en pyn uitgedeel as wat hulle ontvang het. Die resultaat was ‘n oog plus ‘n bietjie ekstra vir ‘n oog.
Maar Jesus gee ‘n ander opsie. Die sleutel om hierdie te verstaan is die woord regter wang. Die gemeenskap in Jesus se tyd was gebou in terme van eer en skande (shame en honor).
Die linkerhand was gesien as vuil en mag nie gebruik word om te eet nie of om selfs iemand te slaan nie. So ‘n hou aan die regter wang was gedoen met die agterkant van die hand. Dit was daar om iemand in die publiek te verneder.
‘n Hou met die agterkant van die hand was gewoonlik gedoen aan iemand wat laer was in sosiale stand, soos ‘n slaaf of ‘n kind. Vandag se tyd is die houe wat uitgedeel word, die meeste woorde. Mense wat jou beledig met hul woorde en met hul optrede.
As iemand ons beledig, wat moet ons doen. Almal verwag een van 2 reaksies: Terugbaklei of koes. Jesus se eintlik vir ons Jou veiligheid en jou eer le in die hande van ons hemelse Vader.”
Gee klein stappies. Verras mense met jou optrede. Hou die Koninkryk van God voor oe en nie die mens nie.
Dit gaan hier hoegenaamd nie oor ingee nie. Dit gaan nie hier oor dat jy slap is nie. Dit gaan nie oor gee in, want jy kan niks anders doen nie. Verras mense met jou optrede. Hou die Koninkryk voor oe.
Werk in die rigting van versoening. Soms wil ons juis nnie versoening he nie. Ons wil die ou terugkry. Want dit gaan oor jou eer. Werk in die rigting van verosening.
MISBRUIK MAAK VAN JOU
Matt 5:41. Nie net een myl nie maar twee.
Jy kry mense wat jou misbruik. Mense wat aan jou dink as ‘n gereedskapstuk en nie as ‘n mens nie. Die luisteraars van Jesus sou verstaan wat Jesus hier bedoel het. Romeinse soldate kon Jode dwing om iets vir hulle vir ‘n myl te dra. Diens wat geforseer word. Jy moet!!! Of jy iets anders het om te doen of nie Jy mnoet dadelik help dra.
Jesus se ons moet ons vyande sien as mense. Hier kom die moeilike ding wat Jesus se. Hy se stel jouself voor jy stap saam met die Romeinse soldaat en dra sy besittings vir hom. Jy kyk hom in die oe en jy se:Weet jy wat, kan ek jou nog ‘n bietjie help. Ek dra sommer hierdie vir jou vir nog ‘n myl. Dit sou die soldaat heeltemal onkant vang.
As iemand moeilik is met jou dink jy oor hulle as mense wat net moedswillig probeer wees.Jesus se loop ‘n 2de myl saam met die kwadddoeners. Die onverwagte vir daardie persoon doen wat hom heeltemal laat verstar.
Ons het moeilike mense nodig in ons lewe om te groei.
Wat wil die gedeelte se: Klein stappies wat jy doen verander jou vyand later in jou vriend. Dit is amper soos skokbehandeling wat jy toepas. As jy Matteus opsom: Hoe om diensbaar te wees in die Koninkryk van God. Gee klein stappies. Verras mense deur jou optrede. Hou die Koninkryk van God voor oe en nie die mens nie. Om jou naaste lief te he word dus in ‘n wyer konteks gesien.