Natuurbewaring
Daar was ʼn behoefte om staproetes op Elsiespiek, wat net agter ons kerkgebou geleë is, weer op standaard te bring deur die dreineringslote oop te maak, oopsnoeiwerk te doen waar nodig, om onwettige paadjies en dubbelpaadjies toe te maak en daarna op ʼn gereelde basis roetine instandhoudingwerk te doen. Na gesprekke met beamptes van die Tafelberg Nasionale Park het die gemeente se Eko-bediening verantwoordelikheid vir die instandhouding van die ongeveer 8 km. staproetes op Elsiespiek aanvaar en word instandhouding tans op ’n gereelde basis gedoen.