Pampoene vir die kerk se beursie



“Ek is in die landboubedryf en ek weet hoe om ’n pampoen gesond te hou. Ek wou eers aan die Shoprite Checkers-pampoenkompetisie deelneem, maar het teëspoed met my pampoene gekry.

“Die eerste jaar het die tuinman my pampoen uitgeskoffel en die tweede jaar het twee skollies my pampoen gesteel, net toe hy mooi groot is.”

Verlede jaar het hy vroeg al gate gemaak vir die pitte, maar in November het dit in Calvinia buite die seisoen geryp en pampoen se kind het weer in die slag gebly.

Hy het steeds nie moed opgegee nie en weer pitte in die grond gedruk.

Toe een van die pampoene 75?kg haal, het hy die idee gekry om dit tot voordeel van die kerk te gebruik.

Daar is toe besluit om die pitte te verkoop om die pampoenkwekery aan te moedig.

“Die spertyd sal hier by Maart rond wees. Dan loof ons pryse vir almal se pampoene uit.”

Die kerkkantoor verkoop die pitte teen R30 vir die eerste pit, en daarna R20 per pit.

Alewyn Nel, die skriba, sê hy het ook vir hom ’n pit aangeskaf. “Ek het gelees hoe mens dit moet behandel en bewerk.”

Bron:  http://www.rapport.co.za/Suid-Afrika/Nuus/Pampoene-vir-kerk-se-beursie-20131116 NGVishoek: Ds. ( dominee ) Martin Barnard.