Uitreik 2024 – Loeriesfontein

Ons gemeente gaan jaarliks op ‘n uitreik na die Karoo en hierdie jaar se fokus is Loeriesfontein. Die uitreikspan is opgedeel in verskeie bedieninge, naamlik die jeugspan, onderhoudspan, volwassespan en vrouebediening. Ons glo dat die Here elke jaar ‘n dorp op ons harte lê om te bedien – soms besoek ons dieselfde dorp twee opeenvolgende jare. Wat ons ook al droom om te doen en beplan om te doen berus geheel en al in die Here se hande. Ons is immers in diens van Hom en ons vertrou dat Hy ons sal lei om die regte dinge te doen deur die uitreik. Daarom maak ons nooit beloftes aan die plaaslike gemeenskap nie omdat ons self ook in afwagting staan voor die Here om te sien wat Sy wil is vir ons en vir die dorp.

Ons vra dus dat u vir ons sal bid in hierdie opdrag wat ons wil uitvoer. Bid asb vir bekerming, gesondheid, leiding en insig sodat ons regtig getrou die Here se Wil kan onderskei en navolg. Ons vra ook dat indien daar enige skenkings is waarmee u ons kan help dat u ons kontak of dit by die kerkkantoor sal aflaai. Loer bietjie hier onder om te sien wat ons benodigdhede is vir die uitreik en ook wat ons NPO se besonderhede is indien jy graag ‘n finansiële bydrae wil maak. Die vrywaringsvorm kan ook afgelaai word deur HIER te kliek. Jy kan dit ook gerus invul as ‘n “Google Form” deur HIER te kliek. Kontak gerus die kerkkantoor vir enige algemene navrae of kontak die bedieningsleiers vir enige spesifieke navrae m.b.t. daardie spesifieke bediening. U kan ook gerus vir dr. Martin Barnard (0842502168) kontak vir algemene vrae of vir Marc Zeeman (0847100275) m.b.t. logistiek of praktiese reëlings

NS: Die span se opleiding vind die 1ste September plaas na die jeugdiens in die saal. Dit is noodsaaklik dat elke lid van die uitreikspan daar moet wees sodat ons finale reëlings kan deurgee asook ‘n paar praktiese goed afhandel. RSVP asb vir die uitreik teen die 11de Augustus sodat ons die getalle kan finaliseer.

Kliek gerus op die volgende skakels om na ons Facebookblad se fotos van verlede jaar se uitreik te gaan kyk:

Fraserburg Dag 1: https://www.facebook.com/share/PtkZjBgtsLHCBUnd

Fraserburg Dag 2: https://www.facebook.com/share/MVWD2AoC1H1QEHDE

Fraserburg Dag 3: https://www.facebook.com/share/JYQzLBk8iHDAZ1cr/

Fraserburg Dag 4: https://www.facebook.com/share/B36qZf1Ho9NKHTNp/

Fraserburg Dag 5: https://www.facebook.com/share/hQhLfhU4xpuZJ81S/

Fraserburg Dag 6: https://www.facebook.com/media/set/?set=a.714829900689139&type=3

Fraserburg Dag 7: https://www.facebook.com/share/pPxrNTZ5DNdrXhqk/


Jeugspan

Bedieningsleier: Rohan van Niekerk (0829259818)


Onderhoudspan

Bedieningsleier: Riaan van Niekerk (0823208363)


Volwassespan

Bedieningsvoorsitter: Corné Voss (0878221527)


Vrouebediening

Bedieningsleier: Lokkie van Niekerk (0827816672)


Ons NPO: CUDO (Community Upliftment and Development Organisation)

Kliek op die volgende skakel om na CUDO se webblad toe te gaan om meer oor hierdie NPO uit te vind: Cudo – Cudo.

Bankbesonderhede:

NaamCommunity Upliftment and Development Organisation
BankStandard Bank of South Africa
Rekeningnommer 071721355
TakConstantia
Takkode025309
Tipe rekeningBusiness Cheque Account