Sondag
Fraserburg lyk nog baie dieselfde as ‘n jaar terug. Tog is daar veranderinge met ~300 HOP huise wat kort voor die verkiesing gebou is. Maar die kliphuisies is steeds daar en daar is steeds nie werk nie. *Die armer mense pak vir hulle plat klippe opmekaar om ‘n klein “huisie” te maak, skaars kophoogte hoog.
Die oggend woon ons die AGS en VGK dienste by. Voorsangers wat vals sing, kitaar spelers wat met hul rug na die gemeente speel is vreemd, maar hul gesigte is na God… is dit dan nie juis waaroor dit eintlik gaan nie? Die AGS diens was ‘n vrolike affêre met gemeente- en besoeker betrokkenheid – ‘n goeie paar “Amen!”‘s en selfs ‘n “treintjie” deur die kerk. Maar amper almal kon die hele boodskap onthou.
Middag se kant is ons ouetehuis toe met ook ‘n paar deur tot deur besoeke van ouer mense. Twee goeie aanhalings, “Al die tannie se kinders leef nog – ek was glad nie hartseer nie, want laas jaar se tannie se kinders was almal al dood.”, “Kom kuier oom se vriende darem vir oom?” … ‘n oom wie se vrou en kinders almal al oorlede is… “Man, ja – net die een ou kom kuier; die begrafnisondernemer”!
Ek wonder dikwels hoe die “prentjie” lyk voordat ons daar was. Wat die mense se “storie” is. So met die lofprysingsaand sing die kleingoed “Kaptein” en “Don’t worry, be happy” (deel van die vooraf / na die tyd liedere) uit een stem. Maar so ook “Juanita du Plessis se “Wie regeer”. Waar kom die stories bymekaar en wat maak die mense “tick”?
Laataand is dit lesvoorberei en die allerbeste – hot chocklate en koekies!
Maandag
Nog iets wat verander het op Fraserburg: daar is baie meer mense en kinders; baie meer FAS (fitale alkohol sindroom) kinders ook. En hulle is armer as “voorheen”. Dit is nie duidelik waar hulle vandaan kom nie – nie eens die plaaslike kerke verstaan dit nie. Bekende gesiggies en minder bekende gesiggies het ons ingewag by die kerksaal vir die eerste dag se lessies. Ds. Arian-hulle het die laaste jaar hulle behoorlik geleer van “Okey Dokey”,”Super Hero” en “Rock Star” en hulle het perform!
Daar was 330 kinders, vergeleke met laas jaar se 250. Hierdie jaar is die tema vir die week : Ons is ‘n tempel van die Heilige Gees en saam ‘n liggaam in Christus.
Marc en Ds. Martin het vir 110 kleingoed die storie van Josef gedramatiseer. Tussendeur het een van die kleintjies ‘n “glipsie” gehad. Oi – partykeer is ‘n mens maar in situasies wat jy NIE wou wees nie. ☺
Tussen-in sien jy hoe ‘n groot tiener seun tussen ‘n klomp pikkies staan – en nie aan homself dink nie, maar aan hulle en om aandag aan hulle te spandeer. ‘n Ander deel die basiese van die evangelie aan sy spannetjies. Dit is om gehoorsaam te leef.
Pryse is weer ‘n groot treffer en baie hartjies klop warm oor hul nuwe speelgoed, inkleurboeke, lekker ruik goed en serpe.
Agtermiddag was sport en poppekas, maar anderdag meer daaroor.
Die aand het ons saamgekom vir ‘n “geestelike” aand. Tyd om ook weer geestelik versterk te word en te onthou hoekom ons hier is en wie Christus is.
Instandhoudingspan
Heidie, Ben, Riaan en Jacques sou gister al hier gewees het met instandhouding materiaal en al die sakke klere. Maar die Land Cruiser het dit nie gemaak nie. ‘n Diesel pypie het gebreek, ‘n klomp boere het ‘n “plan” gemaak, maar nie veel verder wou die Cruiser nie meer cruise nie. Dankie vir almal wat gehelp het met puik verblyf vir hulle en Market Toyota wat gereël vir ‘n Fortuner vir hulle om vandag tot by ons te ry. Hier is daar ook nie lank gewag nie en kort voor lank was die boekrakke al aanmekaar (stap1!).
Voorbidding
Bid saam met ons –
- Dat elkeen op die uitreik in die stilte op Fraserburg ook die Here se stem sal hoor en sal luister.
- Verhoudingsgeskille – Daar is ‘n paar onderlinge koppe / harte wat stamp in A2J. Bid vir wysheid vir hulle en die leiers oor hoe om die “bul by die horings te pak”, maar ook om “‘n sagte antwoord” te gee.
- Vir gesondheid van die span. – Eerstens dankie, want sover is net eens siek, maar haar oë begin al weer vonkel kry.
- Sover is ons ook geseën met goeie weer. Bid dat die res van die week ook geseënd sal wees.
- Vir A2J wat moontlik met groter groepe sal moet werk as wat ons verwag het. Dat hulle steeds die boodskap sal oordra.
- Dat God in ons en Fraserburg se kinders ‘n ewige verskil sal maak.
- Vir môreaand se “Fraserburg Talentaand” – dat dit vlot sal verloop.
Dankie vir julle gebede en seënwense wat ons alreeds ontvang / van hoor.
“And as I look upon your name, circumstances fade away”.
Groete,
Johann Gerber